Deel van die Melville Ekhaya bedieningsplan is om gereelde werkswinkels aan te bied om studente en ander jongmense te bemagtig. Ons glo dat God se koninkryk holisties is en dat die bemagtiging van mense deel vorm daarvan om die goeie nuus te verkondig.
Ons het dus vir Jelvin Griffioen, ‘n dosent in Finansiele bestuur by UJ genooi om ‘n finansies 101 werkswinkel aan te bied. Jelvin is self passievol oor die evangelie en spesifiek om studente te bedien. Hy is in sy persoonlike hoedanigheid betrokke by Hope Church in Auckland Park. Sy werkswinkel het dus beginsels uit die Bybel gevolg om studente ook te help om vanuit ‘n koninkryksperspektief aan hulle eie finansies te dink.
Ons is so dankbaar vir mense soos die wat hande vat om God se koninkryk sigbaar te maak vir die jongmense en studente in ons gemeenskap.
0 Comments