BELYDENISKLAS HIKE
Ons is trots op ons 3 belydenisklas kinders! Hulle het hul staal gewys en
die die naweek van 14-15 September al drie die staproetes by Hennops
gedoen. Hulle het immers die jeug (ouderdom en energie) aan hulle
kant…
Die doel van die naweek was om saam te stap, te kuier en stil te word.
Ons het ‘n paar geestelike praktyke beoefen om ons fokus juis op die
Here te plaas en om te leer hoe om net in sy teenwoordigheid te wéés.
Dis maar moelik vir ons stadsjapies om tot rus te kom en ons gedagtes
af te skakel.
Ons het weer iets van die wonder van God beleef: die mooi natuur,
sebras en voëltjies, ‘n kampvuur, eenvoudige kos en opregte community.
Dit alles het ons daaraan herinner hoe wonderlik Hy ons elkeen gemaak
het, dat ons deel is van sy Liggaam, dat Hy by ons is, in ons is, en vir
ons is.
0 Comments