Practicing the Way
Ons het in September met ‘n geestelike toerustingskursus begin wat ons
leer hoe om meer soos Jesus te word. Ons kom op ‘n Dinsdagaand
bymekaar, eet saam, kyk na ‘n kort video en gesels dan oor die aand se
spesifieke tema.
Ons gaan oefen dan dit wat ons geleer het en die idee is dat hierdie
geestelike praktyke deel van ons daaglikse lewe word: gebed, die Woord
lees, die Sabbat vier, gasvryheid, vrygewigheid, om net ‘n paar te noem.
Ons is al hoe meer daarvan bewus dat as ons nie intensioneel gaan
wees om Jesus te volg nie, ons maklik stagneer en op die ou einde nie
verder groei nie.
Om in pas met die Lewende God te wees is ‘n opwindende reis en dit
beteken om elke dag ‘n keuse vir Hom te maak, slegte gewoontes af te
lê, en die gewoontes van Jesus deel van ons lewens te maak.
Categories: Uncategorized

0 Comments

Leave a Reply

Avatar placeholder

Your email address will not be published. Required fields are marked *