BYBELPLASINGS BY SKOLE
Jaarliks word Bybels geplaas by Universiteite, skole, gevangenisse, hospitale en gastehuise hier in die stad. Dit word gedoen deur by Wits betrokke te wees by die oriënterings program van eerstejaars, saal openinge by skole of om van klas tot klas te gaan en vir graad leerders Bybels uit te deel. By hospitale word dit gedoen deur op elke bedkassie ‘n Bybeltjie te plaas en by gevangenisse word vir elke gevangenis ’n Bybeltjie gegee. In alle gevalle word Bybels bekend gestel aan elke gevangene, een tot een en in groepe, hoe om dit te gebruik en waar om “Weg tot saligheid” te vind.
Hoe kan JY betrokke raak?
BID: vir ontvanklikheid waar bybels uitgedeel word en vertrou dat die woord nie leeg sal terugkom nie. Bid vir betrokkenheid, deur hande wat kan help om Bybels uit te deel en bid ook vir genoegsame finansies om Bybels te kan aankoop.
KOM NEEM DEEL: Meld aan deur met Piet Agenbag (Kerkraadslid: Toerusting en Uitreike) te skakel (072 360 2863) indien jy saam besoeke wil aflê. In Februarie en Maart, vanjaar vind Bybelplasings ook by skole plaas. Skole versoek soms op kort kennisgewing dat ‘n Bybelplasing gedoen word, so indien jy belangstel kontak gerus vir Piet.

0 Comments