
BOTSWANA UITREIK
Die Studentekerk van destydse RAU universiteit het in die 90’s ‘n kerkgebou opgerig vir die gemeenskap in Inalegolo, Botswana. Inalegolo is ‘n nedersetting waar die regering van Botswana die nomadiese San groepe (Tshasi & Barwa) laat vestig het. Die mense van Inalegolo moes hulle kultuur en identiteit as nomadiese jagters opgee en soos die ander groepe in Botswana begin boer, in die middel van die woestyn. Alhoewel die regering na die gemeenskap omsien in die vorm van ‘n Laerskool, kliniek, polisiestasie ens., bly die gemeenskap baie arm en ervaar hulle dikwels diskriminasie en uitbuiting.
Melville Kruis se uitreik se fokus is daarop om die skool en gemeenskapsleiers te ondersteun asook om programme vir die kinders aan te bied. Dit sluit ‘n daaglikse pot pap met groente en sous vir die kinders. Ons het al in die verlede daar gekom na ‘n week van skoolvakansie wat die kinders vir ons sê dat dit die eerste kos is wat hulle in ‘n week gekry het.
Die kinderprogramme fokus op evangelisasie en dissipelskap, maar ook op lewensvaardighede en opvoedkundige bystand. Baie min van die kinders in die gemeenskap maak Laerskool klaar en deel van ons rol is om die onderwysers te help om die kinders aan te moedig om aan te hou skool toe gaan.
Ons gebruik Tswana om te kommunikeer aangesien daar baie min Engels in die gemeenskap gebruik word. Dus maak ons altyd seker dat ons genoeg spanlede het wat die taal magtig is.
Vir omtrent 30 jaar al het Melville Kruis ‘n verhouding met die gemeenskap van Inalegolo. Ons het sterk band met die mense daar en bid voortdurend dat daar verligting vir hulle omstandighede sal kom. Dikwels wanneer ons bid besef ons dat die Here deur ons hande die verligting wil bring.
Hoe JY betrokke kan raak:
BID: jy kan voortdurend bid vir die mense van Inalegolo. Bid vir hulle lewensomstandigheid wat baie armoedig is. Bid ook vir die redding van siele sodat daar vrug op die uitreike kan wees. Bid ook dat meer mense sal aanmeld om deel te wees van die jaarlikse uiteik na Inalegolo.
KOM NEEM DEEL: Daar is hande nodig om saam Botswana toe te gaan om kos te bedien (daar word elke dag vir die duur van die uitreik, pap en sous gemaak om sodoende die kindertjies te bedien). Woord word ook bedien aan die kinders en die volwassenses.
Die Botswana uitreik het in 2024 in November plaasgevind. Hou gerus hierdie spasie dop vir die 2025 uitreik datum.
0 Comments