10 DAYS OF HOPE het sy ontstaan gehad in 2011. Dit vind jaarliks in die Junie/Julie wintervakansie in Hilbrow plaas. ‘n Span van verskillende Gemeentes, Universiteit studente, skole en enigeen wat ‘n hart het vir die mense in die middestad van Johannesburg, vat hande tesame met MES (Mould Empower Serve) om volwassenes en kinders te bedien.

Hierdie jaarlikse uitreik het ten doel om mense te inspireer en ‘n leefstyl te kweek om die uitdagings wat die mense van die middestad beleef, te verstaan.

Tydens hierdie 10 dae neem die vrywilligers deel aan verskeie uitreike in die stad. Tesame met die span van MES, slaap die span op straat en bou verhouding met die mense. Gebedswake en Bybelstudies is ‘n groot deel van die span se betrokkenheid.

Vooraf opleiding vind plaas om sodoende die vrywilligers te bemagtig om met vrymoedigheid te betrokke te raak.

Hoe JY betrokke kan raak:

BID: Bid vir hierdie bediening. Vir daadwerklike verhoudings en groei en Woordbediening.

KOM NEEM DEEL:

Hierdie jaar se uitreik vind plaas van 27 Junie tot 6 Julie.

Categories: Uncategorized

0 Comments

Leave a Reply

Avatar placeholder

Your email address will not be published. Required fields are marked *