DANKBAARHEID
Ons fokus elke maand op ‘n spesifieke praktyk wat ons saam inoefen om deel te word van ons ritme. Vir November fokus ons op “Dankbaarheid”. Ons volg ‘n vier week kursus. Jy kan die handleiding volg en elke week met ‘n groep mense bymekaarkom om saam te leer en dan uitgaan en dit inoefen. Ons ontmoet saam by die kerk 4 November om daardie week se praktyk saam te doen. Die res kan jy in jou huisgesin of groep vriende of kleingroep saamdoen. Jy kan die handleiding aflaai deur op die skakel te kliek. Daar is geen videos vir hierdie praktyk beskikbaar nie en ons maak van ons eie materiaal gebruik.