PRACTICING THE WAY BY MELVILLE KRUISGEMEENTE
As deel van ons gemeente se In Pas reis is ons opgewonde om die Practicing the Way kursus aan te bied.
Dit is ‘n kursus wat ontwerp is om Christene te help om dissipels van Jesus te wees en sodoende In Pas met die lewende God te leef. Die kursus strek oor 8 sessies wat ons op Dinsdae aande in die saal gaan doen.
Ons sal reël vir toesig en aktiwiteite vir die kinders.
Elke sessie gaan begin met lekker saameet waarna ons saam gaan gesels oor die inhoud van die kursus. Dit is lekker interaktief en ‘n geleentheid om geestelik te groei en deel te neem aan ons geloofsgemeenskap.
Die datums word in 3 blokke ingedeel:
Blok 1: 13, 20 en 27 Augustus.
Blok 2: 10 en 17 September.
Blok 3: 1, 8 en 15 Oktober.
(Dinsdae aande 18:00 tot 19:45) Vul gerus die vorm hieronder in as jy wil deelneem.