Ons onlangse Melville Kruisgemeente Basaar en Vetplant-Expo was ‘n heerlike dag!

Ons is opreg dankbaar vir elkeen wat kom kuier het – of dit ‘n stappie deur die kleurvolle gemeenskapstalletjies was, die koop van ‘n vetplant (of drie!), aan die heerlike kos gesmul het, of die kinderaktiwiteite ondersteun het – ELKE DEELNEMER het dié dag spesiaal gemaak.

Ons bedank ook graag:
🌟 Ons wonderlike verskaffers en NPO-vennote:

Tshepo Community Development Initiative

National Council of and for Persons with Disabilities

Beagle Watch Armed Response

South African National Blood Service

The Local Choice Pharmacy Mays – Melville

Laerskool Fontainebleau se dansers

Melville Market

⛪️ Ons buurkerke:

AGS Westdene / Imago Dei

Brixton Kerk

🙌 Al die vrywilligers wat alles seepglad laat verloop het

👨‍👩‍👧‍👦 Familie en vriende wat die dag gevul het met lag en gemeenskapsgees

Hierdie geleentheid was meer as net ‘n mark – dit was ‘n viering van ‘n gemeenskap wat saamstaan en saamwerk!

Ons gee alle eer aan die Here vir sy wysheid wat ons gehelp het met die beplanning, om die regte mense te nader, vir goeie weer op die dag en verhoudinge en vriendskappe wat gevorm is.

Categories: Uncategorized

0 Comments

Leave a Reply

Avatar placeholder

Your email address will not be published. Required fields are marked *